Twee Ierse spelers ingevlieg vir Saterdag se kragmeting

Springbok-afrigter Rassie Erasmus kon ‘n onveranderde opdrafspan aankondig vir Saterdag se tweede toets teen Ierland in Durban, maar die Ierse breier, Andy Farrell, was nie so gelukkig nie. Die skrumskakel Nathan Doak en die haker Dave Heffernan het by die besering-geteisterde span aangesluit om Craig Casey en Dan Sheehan te vervang, wat nie kan speel nie. Die stut Andrew Porter is in die beginspan ondanks ‘n sny aan die hand. Die senters Robbie Henshaw en Bundee Aki, die vleuel James Lowe en die heelagter Jamie Osborne moet nog fiksheidstoetse slaag.