Vier skuldig vir Hans-Jörg Möller se moord

Hoërhofregter Dinnah Usiku het Panduleni Gotlieb, David Tashiya, David Shekundja en Elly Hinaivali skuldig bevind op aanklagte van moord, poging tot moord, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede, sameswering om huisbraak te pleeg en die besit van ’n vuurwapen en ammunisie sonder ’n lisensie. Die kom na die dood van Walvisbaai-sakeman Hans-Jörg Möller op 17 Junie 2016. Hy is tydens ’n gewapende roof in sy huis op Walvisbaai geskiet en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Sy vrou Carol-Ann is ook aangerand en hul kinders was tydens die voorval tuis. Die vyfde beskuldigde wat glo die motor bestuur het wat gebruik is om van die toneel te vlug, Malakia Shiweda, is vrygespreek.