Hlope se aanstelling lok reaksie uit

Die Nasionale Vergadering het ‘n mosie goedgekeur vir die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, om in die Regterlike Dienskommissie te dien ondanks besware van die DA, die ACDP en die VF Plus. Sy benoeming het gemengde reaksie ontlok nadat hy as regter-president van die Wes-Kaap afgedank is omdat hy probeer het om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in ‘n saak van oudpresident Jacob Zuma. Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, sê Hlophe is geskik weens sy doktorsgraad van Cambridge.