Biden sê aan Navo-lede Rusland sal nie in die Oekraïne opgee nie

President Joe Biden van Amerika het by die opening van die Navo-beraad in Washington gesê lande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sal Oekraïne van vyf nuwe strategiese lugafweerstelsels voorsien. Amerika en ander lande sal ook tientalle kort- en mediumafstandstelsels aan Oekraïne gee om Kiëf te help om Russiese missiele en hommeltuie te onderskep. Biden sê die oorlog sal eindig en Oekraïne sal ʼn vry en onafhanklike land bly en voeg by Rusland sal nie wen nie: