Polisie in Maleisië arresteer lede van Ninja Turtle-bende

Owerhede in Maleisië het ses lede van ‘n internasionale misdaadsindikaat, bekend as die Ninja Turtle-bende gearresteer en beslag gelê op sowat 200 gesmokkelde land- en waterskilpaaie. Vier Kambodjane en twee Maleisiërs is in hegtenis geneem tydens ‘n klopjag deur polisie en wildlewebeamptes op ‘n huis in Kuala Lumpur. Sowat 200 skilpaaie ter waarde van nagenoeg 945 000 Namibiese dollar is tydens die klopjag gered, die tweede beslaglegging in Maleisië in minder as ‘n week. Baie mense in Asië glo skilpaaie bring geluk en voorspoed.