Binnelandse staatskuld styg 1,4% tot N$119 miljard

Namibië se binnelandse staatskuld het vanaf Mei met 1,44 persent toegeneem tot 119 miljard Namibiese dollar, volgens Simonis Storm se vaste-inkomste verslag vir Junie. Dit is ‘n toename van 10,18 persent op ‘n jaargrondslag, met ‘n binnelandse skuld-tot-BBP-verhouding van 51,3 persent, 0,4 persentasiepunte hoër as die vorige maand. Met BBP-groei wat in die eerste kwartaal op 4,7 persent aangeteken is, word die land se vermoë om sy skuld volhoubaar te bestuur versterk. Die toename is aangedryf deur ‘n 2,2 persent hoër netto uitreiking van skatkiswissels en 1,08 persent meer intern geregistreerde aandele. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm.