Rassie kies mees ervare span in Bok-geskiedenis

Rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus het die mees ervare span in die geskiedenis van die Springbokke gekies toe hy dieselfde wedstrydgroep van 23 spelers behou het wat Ierland verlede week in Pretoria 27-20 verslaan het. Erasmus het ‘n onveranderde opdrafspan aangewys met altesaam 990 toetse agter hulle naam vir Saterdag se tweede toets in Durban. Damian de Allende en Jesse Kriel sal die mees ervare senterpaar in die Suid-Afrikaanse geskiedenis word wanneer hulle saam die 30ste keer die middelveld beman.