Alec Baldwin se manslagverhoor skop af

Die manslagverhoor van die Hollywood-akteur, Alec Baldwin, oor die skietvoorval op die stel van ‘n Western-fliek begin vandag met die samestelling van ‘n jurie wat moet beslis of die dood van ‘n lid van die span van “Rust” sy skuld was. Baldwin het tydens ‘n repetisie ‘n rekwisietrewolwer op die fotograaf Halyna Hutchins gerig. ‘n Lewendige ronde is afgevuur wat haar noodlottig getref en die regisseur gewond het. Volgens aanklaers was hy roekeloos en het hy sy weergawe herhaaldelik verander sedert die tragiese voorval in Oktober 2021.