Xico en kie vra vandag vir borg na dagga-arrestasie

Die borgverhoor van sewe verdagtes duur vandag in Rehoboth voort. Xico Coetzee, Martin Lotter, Bebeto Mouton, Rodrick Vries, Simon Nghinaunye, Manfred Kalf en Andries Nowaseb het reeds op 1 Julie verskyn na hulle op 27 Junie met 161 daggaplante op plaas Kunineib betrap is. Die waarde van die plante word op 305 250 Namibiese dollar beraam. Borg is met hulle eerste verskyning geweier en ‘n formele aansoek vind vandag plaas. Die polisie sê hulle het gereageer op ‘n wenk van die publiek.