Samewerking tussen Bots-, Nam-weermagte versigtig verwelkom

Namibië en Botswana se eerste burgerlike-militêre-samewerking bewusmakingsveldtog begin hierdie week. Dit is daarop gemik om gemeenskappe wat langs die Namibië-Botswana-grens woon op te voed oor die belangrikheid van vreedsame naasbestaan en goeie buurmanskap. Dit fokus ook op verskillende oorgrens misdade. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sinvula Mudabeti, die leier van die Namibian Lives Matter-beweging, wat die gesamentlike veldtog verwelkom, maar ‘n paar kwessies noem wat aangespreek moet word.