Taliban erken nie vroulike atlete by Spele nie
Die Taliban in Afghanistan erken nie die drie vroue-atlete wat die land dié maand in Parys sal verteenwoordig nie. Die Internasionale Olimpiese Komitee het ‘n groep van ses Afgaanse atlete – drie mans en drie vroue – genooi, na samesprekings met Afghanistan se nasionale Olimpiese komitee wat grootliks in ballingskap is. Sport vir meisies is in Afghanistan stopgesit. Al drie die vroue en twee van die mans woon buite Afghanistan. ‘n Judo-vegter oefen in die land, terwyl die ander lede van die groep sal deelneem aan atletiek en swem.