VN wil ondersoek instel na kinderhospitaal gebom is
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor vra ʼn onmiddellike, deeglike en onafhanklike ondersoek na die jongste Russiese missielaanvalle in Oekraïne. Meer as 30 mense is dood en 140 beseer in aanvalle op stede reg oor die Oekraïne. Die land se grootste kinderhospitaal is ook beskadig. Rusland ontken aanspreeklikheid vir die sterftes. Die VN se hoof van Menseregte, Volker Türk, sê burgerlikes moet beskerm word en oorlogswette moet te alle tye nagekom word.