So lyk die mielielande se aanplantings

Die landbouministerie het ‘n prestasie-oorsig werksessie oor die eerste kwartaal van die huidige boekjaar in Oshakati gehou. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het ‘n oorsig gegee van die mielielande wat in gebruik is en geoes word. Namibië produseer nog nie genoeg mielies nie en is afhanklik van invoere om in die plaaslike vraag te voorsien. Nghituwamata het ‘n kort oorsig gegee van die oes op sommige groenskemas en mielieplase.