Metcalfe looi Namandje, sê hy is ‘n ‘wannabe’

Die prokureur Sisa Namandje het namens Swapo in ‘n video op sosiale media gesê die onlangse sodomie-uitspraak strook nie met die party se waardes nie. Dit kom nadat die hooggeregshof twee wette wat selfdegeslagdade tussen mans gekriminaliseer het, ongrondwetlik verklaar het. Namandje is ‘n lid van Swapo se sentrale komitee. Hy het gesê die uitspraak is nie waarvoor die party geveg het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat sê dat mense wat politici wil wees dalk opknappingslesings oor Grondwetlike Reg benodig.