Nida-werkers aanvaar aanbod maar steeds ongelukkig

Meer as 600 werknemers van die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, het ‘n 5,4 persent eenmalige verhoging-voorstel deur die bestuur aanvaar. Dit volg op onderhandelinge wat verlede week tussen die bestuur en Namibia Food and Allied Workers Union-verteenwoordigers gevoer is, nadat streek- en hoofkwartierpersoneel gestaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Keetmanshoop landelike raadslid, Willem Labuschagne, wat sê al het die werkers die betalingsvoorstel aanvaar, is hulle nie gelukkig nie.