ReconAfrica begin boor aan Naingopo-eksplorasieput
ReconAfrica het aangekondig dat hulle boorwerk begin het op die hoë-impak Naingopo-eksplorasieput in PEL 73 in noordoos Namibië. Die firma se president en uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, sê die put sal na verwagting ‘n totale diepte van 3 800 meter bereik en 90 dae neem om te boor. Hy sê dit kan ‘n totale potensiële hulpbron van meer as 3,1 miljard vate olie of 18 biljoen kubieke voet aardgas ontsluit, gebaseer op die mees onlangse voornemende hulpbronverslag.