The Kiffness samel groot geld in vir 8-jarige seuntjie

‘n Suid-Afrikaanse musikant het meer as 600 000 Suid-Afrikaanse rand ingesamel vir hulp aan die agtjarige Rylyn Clark wat al bykans twee jaar aan Lyme-siekte ly. David Scott, alom bekend as The Kiffness, gebruik gereeld sy invloedryke platform vir liefdadigheidsake. Scott, bekend vir vermengings wat vinnig op sosiale media versprei, sê hy is diep geraak deur Rylyn se opname van Bob Marley se Three Little Birds tydens die Covid-19 pandemie. Hy sê hy wil meer doen om Rylyn en sy gesin te help.