Olie klim, wat word van brandstof in Augustus?

Berigte uit die buurland lui dat brandstofpryse dalk in Augustus kan styg. Die olieprys het gestyg en het vroeër amper 87 Amerikaanse dollar ‘n vat gehaal. Dis tans net onder 86 dollar. In die laaste 30 dae, het die kommoditeit met amper 10 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met petroleumekonoom Abednego Ekandjo van die lynministerie gesels.