Mej. Tiener behaal top-drie in Indië

Mej. Tiener Namibië Oriana Ribeiro het vanoggend geskiedenis gemaak toe sy as tweede prinses by Miss Teen International gekroon is. Die glansgeleentheid is in Jaipur, Indië gehou en die 19-jarige Ribeiro is die eerste Namibiër wat die top-drie by Miss Teen International behaal. Ly Muyleang van Kambodja is as wenner gekroon. Annette Moreno Viu van Kuba is die eerste prinses.