Junie was warmste Junie ooit

Junie was warmer as enige ander Juniemaand op rekord en die 13de opeenvolgende maand met temperature wat 1,5-grade Celsius hoër is as die gemiddeld tussen 1850 en 1900. Dit is volgens die Europese klimaatsdiens, Copernicus. Wêreldleiers het in 2015 die Parys-verdrag onderteken en beloof om te keer dat temperature wêreldwyd met meer as 1,5-grade Celsius styg. Copernicus-wetenskaplikes sê daar is hoop dat die hittegolwe met rekord-temperature binnekort sal ophou, maar nie die klimaats-chaos wat daarmee saamgaan nie.