FW se oudste seun, Jan, sterf
Die oudste seun van wyle president en Nobelpryswenner FW de Klerk, Jan de Klerk, is aan ‘n hartaanval oorlede. Hy was een van De Klerk se drie kinders saam met sy eerste vrou, Marike. Die FW de Klerk-stigting sê Jan, ’n boer, was 30 jaar gelede een van die baanbrekers in Suid-Afrika se eerste regering van nasionale eenheid. FW de Klerk is in die ouderdom van 85 aan kanker oorlede.