‘Zim het geen demokrasie nie’
Die Zimbabwiese Nasionale Weermag het verlede week gesê burgers sal verplig word om in die 2028 algemene verkiesing te stem, en mense sal na stemlokale gedwing word. Die regering het ook opposisiepartye en burgerlike samelewingsgroepe ernstig gewaarsku oor wat dit noem die aanhitsing van onrus. Staatstoerusting sal glo gebruik word om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis, wat sê Zimbabwe is nie ‘n demokratiese land nie.