Nasionale uitsaaier speel blykbaar ‘vuil’
Die nasionale uitsaaier, NBC, was betrokke by gedrag wat deur die Mededingingswet verbied word, sê die Namibiese Mededingingskommissie in ‘n voorgestelde besluit. Dit kom na die gratis One Africa TV en TBN van die digitale terrestriële televisie-netwerk verwyder is, omdat hulle nie die NBC se vaste jaarlikse fooi betaal het om die netwerk te gebruik nie. Die kommissie sê die bedrag wat die NBC gevra het was onredelik en ongeregverdig. Hy het dus sy dominante posisie misbruik deur marktoegang te beperk. Die NBC het 30 dae om vertoë te rig voordat die besluit finaal word.