16 sterf in Israeliese lugaanval op VN-skool in Gaza

Minstens 16 mense is dood in ‘n Israeliese lugaanval op ‘n VN-bestuurde skool in die Gaza-strook. Tientalle meer is beseer. Die gebou het duisende ontheemdes in die Nuseirat-vlugtelingkamp in Sentraal-Gaza gehuisves, volgens die Hamas-beheerde gesondheidministerie. Israel sê egter dit het verskeie Hamas-terroriste getref wat in strukture in die omgewing van Al-Jaouni-skool bedrywig is. ’n Woordvoerder van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge, Unrwa, sê die eise is “baie, baie ernstig” en moet ondersoek word.