NRU Premierliga sorg weer vir aksie!

In plaaslike rugbynuus het die NRU Premierliga weer vir aksie gesorg. Die FNB Kudus het Trustco United met 20 – 15 geklop, en Unam het die Simonis Storm Dolphins met 57 – 0 kafgedraf. Rehoboth het Grootfontein 20 – 19 gewen. Beide Wanderers se eerste en tweede spanne het oorwinnings teen Western Suburbs behaal met bonuspunte. Die afrigter van Wanderers se eerste span, Dirk Human, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy is tevrede.

Die span van Portugal land net na half-drie by die Hosea Kutako internasionale lughawe. Hulle speel Saterdag ‘n hoogs afgewagte toets teen die Welwitschias op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad.