Sinner, Alcaraz vandag in aksie in Wimbledon laaste 16

Tennis: Die twee mans-gunstelinge op Wimbledon, die wêreld nommer-een Jannik Sinner van Italië en die derde-gekeurde verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, bly op koers vir ‘n botsing later in die toernooi. Sinner speel vandag in die ronde van 16 teen die Amerikaner Ben Shelton nadat hy Miomir Kecmanovic van Serwië in die derde ronde geklop het. Alcaraz moes oor vyf stelle veg teen die vasberade Amerikaner Frances Tiafoe, en kom teen die Fransman Ugo Humbert te staan vir ‘n plek in die kwarteindronde.