OPOD ondersoek polisie-aanval na nagskofwerker se dood

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n polisie-aanval op ses mans wat in Mei in Midrand, Gauteng, teruggekeer het na nagskofte. Gewapende polisielede het die minibus-taxi aangeval wat hulle vervoer het vanaf ‘n logistiekmaatskappy. Twee mans is geskiet en die ander aangerand. Die 22-jarige Lifalethu Mashazi is Woensdag dood nadat hy sedert die aanval in ‘n koma was. Die polisie het na bewering die mans beskuldig dat hulle buitelanders is. OPOD se woordvoerder, Phaladi Shuping, sê sake van moord, poging tot moord, aanranding en marteling is aanhangig gemaak.