Orpa stoei steeds met RedForce-aanstelling

RedForce, die Windhoek-gebaseerde skuldinvorderings- en bestuursmaatskappy, is kort-kort in die nuus weens betogings teen sy skuldinvorderingsmetodes. Verskeie munisipaliteite, insluitend Windhoek, Okahandja, Walvisbaai en Grootfontein, het RedForce aangestel om uitstaande agterstallige munisipale skuld te verhaal. Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het onlangs ‘n mosie geïnisieer om te ondersoek hoe RedForce aangestel is. Coetzee is ook ‘n lid van die dorpsraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Coetzee gesels oor die proses gesels.