Ingenieursliggaam wil regering help met infrastruktuur

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese is verbind om met die regering saam te werk om uitdagings met infrastruktuur aan te pak en ekonomiese groei te bevorder. Die liggaam wys op die belangrikheid van infrastruktuur in nasionale ontwikkeling en armoede-verligting. Hy wil saam met die nuwe kabinet aandag gee aan ongelykhede, met die fokus op vervoer, energie en watersektore. Die instituut wil ook bydra tot goeie regering, tegniese vermoë en vernuwende befondsings-meganismes.