Aartsbiskop sê pous ‘dienaar van Satan’, word verban

Die Rooms-Katolieke Kerk het ‘n ultra-konserwatiewe Italiaanse aartsbikop verban omdat hy pous Franciskus ‘n dienaar van Satan genoem het. Die 83-jarige Carlo Maria Vigano was van 2011 tot ’16 die Vatikaan se ambassadeur in Amerika, maar het later weggekruip nadat hy die pous beskuldig het dat hy geweet het van die Amerikaanse kardinaal Theodore McCarrick se seksuele wangedrag, maar niks daaraan gedoen het nie. Die Vatikaan sê Vigan, wat sy eie gevolg opgebou het, het geweier om die hoof van die kerk te erken of hom aan sy gesag te onderwerp.