Kenia se Ruto stel besnoeiing, nog lenings voor

Kenia se president William Ruto het besnoeiings in besteding en bykomende lenings in ongeveer gelyke mate voorgestel om ‘n begrotingsgat van byna 2,7 miljard Amerikaanse dollar te vul. Dit is veroorsaak deur sy onttrekking van beplande belastingverhogings in die lig van landwye betogings. Ruto het in ‘n televisietoespraak gesê hy sal die parlement vra vir bestedingsbesnoeiings van altesaam 1,39 miljard Keniaanse sjielings vir die boekjaar wat vandeesmaand begin het. Die regering sal lenings met sowat 169 miljard sjielings verhoog.