Frankryk, Spanje deur na die Euro-halfeinde

Sokker: Frankryk en Spanje stamp Dinsdag koppe in die halfeindronde van Euro 2024. Frankryk het met 5 strafskoppe teen 3 oor Portugal geseëvier na 120 doellose minute. Joao Felix van Portugal was die enigste speler wat misgeskop het toe hy die raam van die doelhok getref het, terwyl Theo Hernandez van Frankryk vir die wenskop verantwoordelik was. Intussen het Spanje die gasheerland, Duitsland, 2-1 uitgeskakel en geskiedenis gemaak met ‘n dramatiese wenskop deur Mikel Merion in die 119de-minuut. In vanaand se kwarteindstryde kom Switserland te staan teen Engeland, terwyl Turkye Nederland uitdaag.