Hamas ‘gaan begin praat oor gyselaars se vrylating’

Hamas het ‘n Amerikaanse voorstel aanvaar om samesprekings te begin oor die vrylating van Israeliese gyselaars, insluitend soldate en mans. Dit kan gebeur 16 dae ná die eerste fase van ‘n ooreenkoms wat daarop gemik is om die Gaza-oorlog te beëindig. Die militante Islamitiese groep het ‘n eis laat vaar dat Israel hom eers verbind tot ‘n permanente wapenstilstand voor die ondertekening van die ooreenkoms. ‘n Bron in Israel se onderhandelingspan, wat op voorwaarde van anonimiteit met Reuters gepraat het, het gesê daar is nou ‘n werklike kans om ‘n ooreenkoms te bereik.