Curriebeker premiers-afdeling in volle swang

Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker is in volle swang, met die Cheetahs wat vanmiddag die Griffons in Bloemfontein verwelkom. Môre dek Kaapstad die tafel vir die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle. Die Pumas het Griekwas gister 44-24 in Kimberley geklop, terwyl die Leeus met 26-25 oor die Haaie geseëvier het in Durban. Die eindstryd van die kompetisie is vanjaar op 21 September.