Iran kry hervormer as president

‘n Hartsjirurg wat beskou word as ‘n hervormer is tot nuwe president van Iran verkies. Die 71-jarige Massoud Pezeshkian het die opvolg-verkiesing gewen teen die kragdadige konserwatiewe Saeed Jalili. Geen kandidaat het in die eerste ronde ‘n volstrekte meerderheid gekry nie. Pezeshkian het 53,3-persent van die stemme inge-oes, teenoor Jalili se 44,3-persent. Hy neem oor by Ebrahim Raisi, wat in Mei in ‘n helikopter-ongeluk dood is. Pezeshkian is glo krities teenoor Iran se berugte moraliteitspolisie, en het beloof om die land se afsondering van die res van die wêreld te beëindig.