Protea-vroue klop Indië met 12 lopies in eerste T20

Krieket: Die Protea-vroue het ‘n voorsprong van 1-nul oor Indië in die reeks van drie T20s na ‘n oorwinning met 12 lopies in die eerste wedstryd in Chennai. Suid-Afrika het ‘n puik 189 vir vier aangeteken danksy 81 deur Tazmin Brits en 57 deur Marizanne Kapp. Hulle het die gasvroue daarna beperk tot 177 vir vier toe Ayabonga Khaka, Chloe Tryon, Nadine de Klerk en Nonkululeko Mlaba elk ‘n paaltjie geneem het. Die tweede wedstryd word môre gespeel en die laaste een Dinsdag.