Outa ontevrede oor samestelling van Gauteng regering

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, is baie ongelukkig oor die samestelling van die Gautengse regering, wat die DA uitsluit. Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hy ter kwader trou onderhandel en hom wou uitoorlê om minder posisies te aanvaar. Premier Panyaza Lesufi het Woensdag sy kabinet aangekondig nadat dit vroeër twee keer uitgestel is. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, sê die provinsiale regering is nie ten volle verteenwoordigend nie.