Lughawe in Sicilië gesluit nadat Berg Etna uitbars

Die Catania-lughawe op die Italiaanse eiland, Sicilië, is gesluit nadat Berg Etna, die grootste aktiewe vulkaan in Europa, uitgebars en as in die lugruim geblaas het, wat lugverkeer ontwrig het. Die aanloopbaan by die Catania-lughawe is onbruikbaar weens die storting van vulkaniese as. Die Nasionale Instituut vir Geofisika en Vulkanologie sê aswolke het tot so hoog as 4,5-kilometer in die lug gestyg. Beeldmateriaal op sosiale media toon hoe die middestad van Catania met dik lae swart as bedek is wat die verkeer belemmer.