Verkiesingskommissie bekommerd oor registrasie-opkoms

Die Verkiesingskommissie van Namibië het 676 390 kiesers geregistreer tussen die aanvang van die Algemene Registrasie van Kiesers op 1 Junie, en 29 Junie. Dit verteenwoordig ‘n gemiddeld van 23 515 kiesers geregistreer per dag by beide binnelandse lokale en Namibiese diplomatieke sendings in die buiteland. Die kommissie het met groot kommer kennis geneem van ‘n aansienlike daling in opkoms gedurende die week van 24 tot 29 Junie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder. Hulle het ‘n boodskap vir die nasie.