Verergerende korrupsie ‘net publiek se persepsie’

Afrobarometer se jongste opname toon dat twee derdes van Namibiërs sê korrupsie in die land word erger, hoewel hierdie mening die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem het. Die meeste landsburger burgers sê die regering doen nie goeie werk in die bekamping daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, wat sê dit is net die publiek se persepsies en nie die werklikheid nie.