Vyf noordelike streke kry 20 boorgate

Die omgewingsake-ministerie het 20 boorgate in die noordelike streke aan die landbou en water-ministerie oorhandig. Die boorgate is vir 14 miljoen Namibiese dollar in die Omusati, Ohangwena, Kavango-Wes, Kunene en Zambezi-streke geboor en geïnstalleer. Dit sal toegang tot drinkwater verskaf aan byna 7 000 mense, 805 huishoudings en 34 289 stuks vee, en in die behoefte aan betroubare waterbronne in die vyf streke voorsien. Dit is onder die Nilaleg-projek, oftewel Namibia Integrated Landscape Approach for Enhancing Livelihoods and Environmental Governance to Eradicate Poverty. Die boorgate is befonds deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, UNDP.