Ongwediva se behuisingswaglys het 4 901 name op

Die uitvoerende hoof van die Ongwediva-dorpsraad, Damian Egumbo, het onthul dat daar 4 901 mense op die dorp se behuisingswaglys is. Hy sê 3 040 van die aansoekers is in die lae-inkomste kategorie, 1 628 in die hoë-inkomste kategorie en 233 in die middel-inkomste kategorie. Die dorpsraad  het 13 hektaar grond aan Development Workshop Namibia toegeken vir behuising vir lae-inkomsteverdieners, in ‘n poging om die behuisingsagterstand aan te spreek. Egumbo sê leë erwe by die Mandume-lokasie is onlangs gediens en sal aan aansoekers op die waglys toegeken word.