Verandering begin dadelik: Starmer
Met net twee distrikte se verkiesingsuitslae nog uitstaande, het Brittanje se Arbeidersparty ‘n weghol-oorwinning behaal met 412 setels. Die Konserwatiewe Party, wat 14 jaar aan bewind was, het net 121 setels gewen. Die Arbeiders se Keir Starmer het reeds die leisels oorgeneem as die nuwe eerste minister. Hy het sy eerste toespraak in hierdie hoedanigheid gelewer voor Downingstraat 10 in Londen en gesê verandering sal dadelik begin.