Nanso vereis van lede om as kiesers te registreer

Met die verkiesing op pad en kiesersregistrasie wat tans aan die gang is, noop dit jeug-organisasies om die jeug te motiveer om te registreer. Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se president, Lucia Ndishishi, het aangekondig dat dit ‘n vereiste vir jong mense wat lede is van die organisasie om te registreer. Sy het die aankondiging gemaak by Nanso se jaarlikse kongres wat by St Joseph Rooms-Katolieke Hoërskool in die hoofstad gehou is.