Fishrot-verhoor struikel weer, nou eers einde Julie

Die Fishrot verhoor sou vandag vir die strafsaak voorgekom het maar, dit het weer nie begin nie. Vandag is Nigel van Wyk ingelig dat sy versoek aan die hoofregter om in die hooggeregshof te appelleer teen die weiering deur regter Moses Chinhengo om van die saak te onttrek, van die hand gewys is. Die versoek is reeds einde Mei ingedien. Die saak is uitgestel tot 26 Julie.