Visumtoegewing wek kommer in SA

Die African Transformation Movement het kommer uitgespreek oor die verlenging van die tydelike toegewing aan buitelandse burgers wat tans op die uitslag van visum-, kwytskelding- en appèlaansoek wag. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê hierdie verlenging beskerm aansoekers teen nadelige gevolge of dat hulle verkeerdelik as ongewens verklaar word terwyl hulle wag op die uitslag van aansoeke wat by die departement ingedien is. ATM se nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, sê die besluit toon ʼn blatante verontagsaming van Suid-Afrikaners se welstand en ekonomiese vooruitsigte: