Banke vra vir betaling van N$45m in mosiehof

Daar was ‘n totaal van 90 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 11 op die reël 108 rol was. Banke het 40 van die aansoeke, wat aangehoor is deur regters Nate Ndauendapo en Shafimana Ueitele gebring. Die banke eis 17 eiendomme met ‘n skuldlas van amper 25,8 miljoen Namibiese dollar terug. Daar is ook 23 lenings ter waarde van 19,3 miljoen dollar wat ook betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer regter Orben Sibeya 44 onverdedigde egskeidings.