Israel kyk na Hamas se reaksie op voorstel vir skietstilstand

Israel se regering sê hy bestudeer Hamas se reaksie op ʼn Amerikaans-ondersteunde voorstel vir ʼn skietstilstand in Gaza wat in fases ingestel word. Die militante groep het verlede maand wysigings voorgestel, maar Amerika het gesê sommige daarvan sal nie werk nie. Israel sê hy sal net tydelike onderbrekings in gevegte aanvaar totdat Hamas uitgewis is. ʼn Ooreenkoms is laat in November bereik waarna meer as 100 van die geraamde 240 gyselaars wat Hamas na Gaza geneem het, vrygelaat is in ruil vir 240 Palestyne in Israelse tronke.