Farrell sluit Jamie Osborne in vir môre se kragmeting

Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het die nuweling Jamie Osborne as heelagter gekies vir môre se groot kragmeting met die Springbokke op Loftus Versfeld in Pretoria. Dis die eerste van twee toetse tussen Suid-Afrika, wat boaan die wêreldranglys is, en Ierland, wat tweede is. Craig Casey is bo sy spanmaat van Munster, Conor Murray, gekies om op skrumskakel te begin omdat Jamison Gibson-Park die toer weens ʼn dyspier-besering misloop. Farrell is opgewonde oor Osborne se insluiting: