Wildmisdaad: Otjozondjupa loop meeste deur

Die Namibiese Landbou-unie het sy kommer oor wildmisdade uitgespreek. Dit kom na 2023 se verslag in die verband die week bekend gemaak is. Die NLU sê wydverspreide wildmisdaad is regoor die land beleef. Die data toon dat die Otjozondjupa-streek die meeste geteiken is, hoewel die verspreiding oor al die streke aandui dat dit ‘n landswye kwessie is. Die suidelike en sentraal-noordelike streke, waar minder wild voorkom, het minder voorvalle ervaar, aangesien geleenthede vir stropers beperk is. Omgekeerd het die noordelike streke, as gevolg van hul nabyheid aan handelsroetes langs die land se grense, ’n hoër voorkoms van handel in hoëwaarde-wildprodukte getoon.